Vuurhaan (astrologie)

丁酉

Die Vuurhaan (丁酉, dīngyǒu) is die 34ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vierde Hemelstam (丁, dīng; die element Vuur en Jin) met die 10de Aardtak (酉, yǒu), gesimboliseer deur die Haan (鷄, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurhaanjaar het in 2017 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 28 Januarie 2017 tot 15 Februarie 2018.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search